Grondpad Dekor - “maak mooi goed wat mense gelukkig maak!”

Grondpad – dit is die beskrywing van die “rustic “ gevoel van ons produkte, grof en vol karakter maar tog mooi, alles van herwinde hout!

Elize Res eienaar van Grondpad Dekor, het nog altyd ‘n passie vir hout gehad, houtwerk op skool geneem en toe meubelontwerp en binnehuise versiering gaan studeer.

Grondpad Dekor is gebore op die plaas Groenfontein buite Heidelberg Gauteng 2012. Ek het vir my vriendinne begin geskenke maak, en dit het net nog nooit weer gestop nie!

Al ons produkte is van herwinde hout, wat van die hout van ou kratte en palette gemaak word! Elke produk word deur myself ontwerp en gemaak saam met my span, ongeskoolde arbeiders wat ek elkeen persoonlik opgelei het .

Die reeks bestaan uit praktiese dekor produkte vir allerdaagse gebruik, asook meubels vir gastehuise en dekor vir “venues”.

Ek word geďnspireer deur die natuur en die wonder van ‘n ou stuk hout wat weer lewe kry as jy dit bietjie skoonmaak en die karakter daarvan na vore bring.

Geen stuk hout is ooit te oud om weer ‘n tweede kans in die lewe te kry nie!

Herwinning bly steeds ons eerste uitdaging!

Ons verskaf aan verskeie dekor winkels ons produkte, en dan word ons produkte op verskeie markte verkoop waarvan die grootste afset op Irene Village mark in Pretoria is.

Ek het ook ‘n winkeltjie reg langs my werkswinkel op die plaas en enige een is meer as welkom om te kom inloer om ons produkte nog vars uit die werkswinkel te kom besigtig en te koop!

 

Grondpad Dekor ondersteun die regering se insiatief om die Koronavirus in Suid-Afrika te beveg.

 
     

Ontwerp deur Coffeebean Web Design ©2016